Meer oor Kreatiewe Kleuter


Na tien jaar se fasilitering van kreatiewe programme vir kinders en self die ma van 'n kleuter, het die idee vir Kreatiewe Kleuter ontstaan na al hoe meer vriendinne na kreatiewe idees gesoek het, om hul kleuters en peuters mee besig te hou.


Met Kreatiewe Kleuter beoog ek om weekliks beproefde aktiwiteite op te laai wat geskik is vir peuters en kleuters vanaf twee to vyf, sowel as voorskoolse en skoolbeginners van ses tot agt.
Behalwe dat die aktiwiteite prettig is vir kinders, word daar ook beoog om deur kreatiwiteit, fyn motoriese vaardighede, probleem oplossingsvaardighede, sowel as kognitiewe ontwikkeling aan te wakker.
Meeste van die aktiwiteite kan gedoen word met dit wat in en om die huis is.

Lewer asseblief kommentaar op die aktiwiteite en jy is welkom om ook self voorstelle te stuur.

Geniet dit om kreatief te wees saam met jou kleuter!