Woensdag 26 Julie 2017

Hindernisbaan


Vandag se aktiwiteit het absoluut geen estetiese waarde nie, maar die geleenthede vir speel en leer is legio!

Dit is baie voordelig vir alle voorskolers, kleuters, peuters en skoolbeginners om te klim en te klouter, dit help nie net met brein ontwikkeling nie, maar ook met die ontwikkeling van groot en klein motoriese vaardighede. 'n Aktiwiteit soos hierdie wat hul boonop toelaat om te eksperimenteer, te beplan en weer te probeer, wakker kreatiewe vaardighede aan en leer van oorsprong en gevolg. Alles noodsaaklike vaardighede om te kan leer, lees, skryf en wiskunde te  doen!

Nog 'n voordeel aan die aktiwiteit is dat dit binnehuis geskied. Indien dit koud is buite, kan jou kinders steeds al die voordele van buitespeel kry!

Gebruik kussings, banke, stoele, tafels, kiste, emmers, kratte, of enige iets wat jy nie te jammer voor is nie en wat jy seker is hul gewig sal kan hou en laat die kinders toe om 'n "baan" te bou waaroor hulle kan klouter, klim, loop en spring. Hou maar hier en daar 'n ogie, hoe ouer - hoe wilder - en hoe gevaarliker!

Geniet jou kinders en hul kreatiwiteit!

 
Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Volg ons gerus deur op ons elektroniese nuusbrief in te teken, of volg ons op fb
























Va