Woensdag 11 Junie 2014

Vir Vadersdag




Ons versier vandag herwinde plastiek bottels vir Vadersdag. Pappa of Oupa kan skroefies, kleingeld of enige kleinigheid daarin bere OF julle kan dit vol van Pappa of Oupa se gunsteling lekkers maak. (En saam deel in die plesier.)

Vandag se aktiwiteit gee vir jou drie opsies om jou sak en/of omstandighede te pas. Jy kan slegs die bottel versier met verf (of inkleurpotlode of vetkryte), gom en papier, jy kan 'n kaartjie uitdruk/teken/skryf en byvoeg en jy kan uitgedrukte fotos ook gebruik om die bottel verder te versier.

Ek vergeet om die herwinde bottel onder benodighede te lys. Ons het plastiek gebruik, maar glasbottels sal net so goed werk. Ons het die etikette afgeweek, maar omdat jy 'n papier rondom plak, kan jy die etikette op die bottel los as jy wil.

Baie dankie aan al die Pappa's en Oupa's wat so hard werk om ons kleuters te versorg, te bemoedig en lief het.

Geniet jou kleuter se kreatiwiteit.

GENIET KREATIEF WEES SAAM MET JOU KLEUTER!
Hou van ons op Facebook of sluit aan by ons weeklikse e-pos lys.


Donderdag 05 Junie 2014

Maak Maklike Skadu Legkaarte


























Ons maak vandag Skadu Legkaarte vir goedkoop en genotvolle speel, lekker handig vir daardie nimmer eindigende bibberende wintersdae.

Legkaarte is goed vir brein ontwikkeling, maar ontwikkel ook vaardighede soos fyn motories, hand-oog koordinasie, logiese denke en probleem oplossing.

Die internet is vol gratis inkleur prente wat baie lekker werk, maar as jy nie tyd het vir inkleur nie, heg ons vir jou ons voorbeeld aan, wat jy kan vergroot en uitdruk. (Let asseblief daarop dat ek nie eienaarsreg op die prente het nie, dis beskikbaar in die publieke domein.)

Geniet dit om te sien hoe jou kleuter sy vaardighede ontwikkel!

 Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Vind ons op Facebook of volg ons via e-pos