Dinsdag 27 Mei 2014

Maak 'n Herfsboom!


























Vandag maak ons 'n herfsboom met opgetelde herfsblare!

As jy in 'n area bly wat nie herfsblare het nie, heg ek 'n werkvel met herfsblare en 'n boom heel onder aan die inskrywing wat julle kan uitdruk, inkleur, uitknip en plak!

Dit is 'n lekker geleentheid om jou kleuter van die seisone, bladwisselende bome en die natuur te leer. Ons het ons uitstappie en maak gate uit geniet, veral omdat ons in die blare kon speel ook! (Die blare bymekaar maak en speel was die wenner, die boom maak die troosprys...)

Geniet die lekker speel en maak saam met jou kleuter!

































































Laat ons weet of julle die aktiwiteit geniet het en stuur ons foto's van jul kunswerke.
Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Volg ons via Facebook of via e-pos (teken in op die skakel hieronder)

Dinsdag 20 Mei 2014

Vladderende Vlinders!


Vandag maak ons vrolike vladderende vlinders! (Hulle behoort wonderlike versierings vir 'n dogtertjie se verjaardag partytjie te wees)

Hoe ouer jou kleuter, hoe minder hoef  Mamma te help. Geniet die aktiwiteit!

 Geniet Kreatief wees met jou kleuter!
Vind en hou van ons op Facebook of teken in op ons e-pos lys.
 

Dinsdag 13 Mei 2014

Maak maklike rygkaarte!


Ons maak vandag maklike rygkaarte vir ure se pret, maar ook vir daardie aller belangrike fyn motoriese vaardigheidsontwikkeling. Die kaarte is maklik en spotgoedkoop om te maak en kleuters geniet dit vreeslik om te help, maar ook om die rygwerk te doen, veral as jy die voltooide vorms aanwend as kaartjies of venster versierings! Dit is ook 'n goedkoop manier om kleuters vir 'n rukkie in die motor besig te hou...

Stuur gerus vir ons terugvoer, dit is altyd lekker en interessant om van julle te hoor!
















































Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Stuur gerus vir ons terugvoer via ons facebook bladsy (kliek op die skakel om jou daarheen te neem) of deel jou mening met ons via die kommentaar spasie op hierdie bladsy.

Woensdag 07 Mei 2014

Moedersdag Maklik Gemaak!

Daar is min dinge wat 'n Mamma en Ouma se hart so bly maak soos 'n self-gemaakte stukkie geskiedenis! Ons maak vandag hand en voet afdrukke in soutdeeg as Moedersdag geskenke.

Dit is baie pret en Kleuters geniet dit gate uit, veral as hulle kan help aanmaak, knie, uitrol, uitdruk, bak en verf.

Ons het die datum op elke afdruk geskryf, nou kan ons sommer volgende jaar meet hoeveel ons gegroei het.

Maak gerus vir elke vrou wat jou kleuter versorg en lief is, hulle sal dit net so waardeer.

Dankie aan alle Mammas, Oumas en versorgers wat sorg dat die volgende generasie met liefde, aanvaarding en ondersteuning grootword. Elke dag behoort Moedersdag te wees!

Volg hierdie skakel om die resep vir vingerverf te kry en kliek op hierdie skakel om 'n patroon vir 'n maklike kunsjurkie te kry wat van Pappa se hemp gemaak word!

Stuur ons foto's van jul meesterstukke. 














































Geniet kreatief wees met jou kleuter!
Teken in om elke week se inskrywing te ontvang of vind en hou van ons op facebook!

Donderdag 01 Mei 2014

5 - 'n - dag kolwyntjie/muffin!

Somtyds sukkel almal van ons om groente en vrugte in ons kleuters (en ons self) in te kry. Met ons 5 - 'n - dag koekies sal jou kleuter of voorskoler lag-lag aan drie groentes en twee vrugte smul.

Laat ons asseblief weet wat julle dink van ons resep!

(Indien per e-pos op ons blog ingeteken is, onthou asseblief om op die kreatiewe kleuter skakel in die e-pos te kliek om jou subskribsie te aktiveer)



Geniet kreatief wees met jou kleuter!
(Maak seker jy mis nooit 'n inskrywing nie - teken in om nuwe plasing per e-pos te ontvang, of vind en hou van ons op Facebook)